EDEN DISTRIK NUUS - Twee brande, een by Cooper naby Mosselbaai en die ander by Gouritsmond, hou brandbestryders en nooddienswerkers van die Eden Distriksmunisipaliteit behoorlik besig.
Die brand by Gouritsmond het ongeveer 14:00 vanmiddag begin en word tans aktief deur onder meer 11 brandbestryders van die Eden Rampbestuur, ses brandbestryders van Hessequa en ‘n span van Working on Fire bestry.
Volgens die woordvoerder van die Eden Distriksmunisipaliteit, Herman Pieters, is daar gevaar vir infrastruktuur op die dorp.
Die brand by Cooper word tans gemonitor vir enige opvlammings en veral plaasgrond is ter sprake.
Die brand by Gouritsmond. Foto's: Hanlie Venter, Gouritsmond
ARTIKEL: NICKEY LE ROUX, MOSSEL BAY ADVERTISER-NUUSREDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'