GEORGE NUUS - Twee gewapende besigheidsrooftogte binne 'n dag van mekaar het inwoners van George bekommerd.
Rowers het Vrydagoggend, 31 November, omstreeks 10:00 eerste by Doves-begrafnisondernemers toegeslaan.
Volgens George-polisie se kommunikasiebeampte, sers. Michael Opperman, het vier gewapende swart mans in blou oorpakke die perseel betree waarna hulle 'n werknemer en 'n kliënt met 'n vuurwapen gedreig en beroof het. Die verdagtes het te voet met 'n selfoon en kontant gevlug.
In die tweede voorval Saterdagmiddag kort na 17:00 op die hoek van Cradock- en Hiberniastraat, in die middedorp, is Fairy Knowe-drankwinkel geteiken. Vier swart mans in blou oorpakke, waarvan drie klapmusse aangehad het, het hier toegeslaan.
Voorlopige inligting dui daarop dat die verdagtes die drankwinkel binnegegaan en werknemers met 'n vuurwapen gedreig het. Hulle het kontant gebuit en in 'n wit Opel, met registrasienommer CA 171 163, van die toneel gevlug.
Die polisie het teen druktyd nog nie bevestig of die twee voorvalle met mekaar verband hou nie en dit is onduidelik of dit dieselfde groep rowers is wat die twee besighede beroof het.
Polisiewenke om te verhoed dat jy 'n slagoffer van 'n besigheidsroof word:
Volgens die amptelike SAPD-webtuiste (www.saps.gov.za), moet klein besighede wat met kontant werk en gereeld by die bank geld moet deponeer, die volgende wenke toegepas om te verhoed dat hulle 'n slagoffer van 'n besigheidsroof word.
- Wissel die dae en tye waarop jy kontant inbetaal
- Moet nooit jou bankbesoeke aan enigiemand bekend maak nie
- Moenie die geld wat jy deponeer openlik vertoon terwyl jy in die bank staan nie
- Vermy dit om van geldsakke of 'n aktetas gebruik te maak
- Dit is raadsaam om 'n ander tak naby te identifiseer om te verseker dat jou bankpatroon nie maklik herkenbaar is nie
- As die hoeveelheid kontant wat jy gereeld deponeer toeneem as jou besigheid groei, oorweeg dit om die dienste van 'n kontantbestuursmaatskappy te gebruik
- Moenie lone uitbetaal waar ander dit kan sien nie. Betaal dit eerder in 'n rekening
- Moenie op die dag wat salarisse betaal word in die maatskappy se gemerkte voertuig ry nie
Louis Sefoka: That whole precinct has become a no go zone. I personally know a few people who've been robbed while waiting for a bus there. And you know I know the status quite well. I avoid driving through there, not to mention WALKING through.
Shirley Anne Wood: Is nothing sacred anymore?
Carol-ann Basson: Sterkte aan al die betrokkenes. Wens daar het sommer begin spook en skurke moes in standbeelde verander het.
Nicole Coly Swart: Liewe hel. Nie eers die dooies kan in vrede gelaat word nie.
Monique Du Plessis Lesch: Wat de hel gaan aan in ons dorp! Ek mis die ou George!
Gaynor Mentoor Mafutu: Wat gaan aan in George julle? Dis so sad!
Naellowine Charmonye Esau: Ons werk was ook dop gehou met 'n wit kar en 4 mans. Dink hulle teiken nou paar plekke en net na 17:00 is hul toeslaan tyd.
Polisie op die toneel kort na Doves-begrafnisondernemers deur vier gewapende mans beroof is.
Polisie op die toneel ná 'n gewapende roof by Fairy Knowe-drankwinkel. Foto: Wessel van Heerden
Lees vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'