GEORGE NUUS - Tuiniqua-versorgingsentrum in George se jaarlikse kermis vind plaas op Saterdag 3 November om 09:00.
Die organiseerders soek dringend items om te verkoop op hulle wit olifanttafel. Items soos kombuisgereedskap, breekware, elektriese toestelle en ornamente is baie welkom.
Tuiniqua-versorgingsentrum is 'n geregistreerde nie-winsgewende organisasie wat slegs gedeeltelik deur die staat gesubsidieer word. Dit beteken hulle is genoodsaak om fondse in te samel aangesien al hoe meer inwoners nie in staat is om hulle volle verblyf- en versorgingskostes te dek nie.
Dit gebeur gewoonlik omdat persone baie ouer word as wat hulle voor voorsiening gemaak het, lae groei in pensioenfondse en die swak rentekoers.
Die kermis word by Tuiniqua-versorging-sentrum by Kerkstraat 13 gehou. Alle donasies sal waardeer word.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'