GEORGE NUUS - Anton Meyer, stigter van die Bikers vir Liefdadigheid-inisiatief, het vanjaar 'n trollieprojek begin waar die publiek dierekos in 'n trollie by Checkers in Yorkstraat kon plaas.
André Smit, bestuurder van Checkers, Yorkstraat wat die trollieprojek moontlik gemaak het, het met Shoprite/Checkers Business with Heart Foundation onderhandel en 'n baie groot skenking van R1 000 se kos geskenk.
"Ek wil hiermee ook vir Shoprite/Checkers baie dankie sê vir hul goeie harte en gesindheid teenoor ons diere,".
Die kos is op 10 Augustus aan Odin Tantivvey oorhandig.
André Smit van Checkers en Anton Meyer saam met Odin Tantivvey aan wie die kos oorhandig is.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'