GEORGE NUUS - Twee tienerseuns (17 en 18) is gisteraand, Woensdag 30 Mei, omstreeks 20:30 in hegtenis geneem in verband met die diefstal van ‘n wit Toyota Land Cruiser-stasiewa wat gistermiddag by ‘n plaas naby die lughawe gesteel is.
Die verdagtes het na bewering by die eienaar se woning ingebreek terwyl hy in die dorp was en die voertuig se sleutel, met 'n afstandbeheer vir die hek, gevat en toegang tot die voertuig gekry.
Na die voertuig as gesteel aangemeld is, is al vier die polisiestasies in die George-bedieningsgebied in kennis gestel.
Die voertuig is later die aand deur ‘n polisiebeampte in Beachweg (Pacaltsdorp) opgemerk en agtervolg. Die twee verdagtes is in PW Botha-boulevard (Conville) afgetrek en in hegtenis geneem. Hulle is in aanhouding.
Hulle kom môre, Vrydag 1 Junie, in die George-landdroshof voor.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'