GEORGE NUUS - Vir baie ouers is media en tegnologie van die mees uitdagende aspekte van ouerskap.
Die wêreld om ons verander vinnig en kinders word blootgestel aan 'n wye verskeidenheid inligting en media.
Ouers wil graag die regte waardes aan hulle kinders oordra oor die gebruik van tegnologie en media, maar dis nie altyd so maklik nie.
Die Oase Ouerskap bediening by George-Bergsig gemeente het die doel om ouers by te staan met die hantering van hierdie tipe uitdagings.
Sondag 23 Oktober om 18:00 word ‘n sessie deur Ds. Rudolph Grobler aangebied met die tema: Tegnologie, media en jou kind.
Ds. Rudolph is vir die laaste 10 jaar predikant by George-Bergsig gemeente. Vanaf 2017 tot 2020 het hy deeltyds gewerk vir 'n nie-winsgewende organisasie met die naam VitaAmp, wat fokus op ouerskap, leierskap en jeug.
Hierdie sessie wil ouers help om ingeligte besluite te neem oor die volgende aspekte:
- Die grootmaak van gesonde kinders in 'n digitale wêreld.
- Om balans te vind in die gebruik van media en tegnologie by die huis.
- Hoe om tegnologie gebruik te reguleer en monitor.
- Die oordra van gesinswaardes in die manier waarop ons tegnologie en media benader.
Toegang is gratis en ‘n kinderoppasdiens is beskikbaar (bespreking noodsaaklik, plek is beperk). Koffie word bedien vanaf 17:30. Moenie hierdie geleentheid om jouself as ouer te verryk, misloop nie!
Vir meer inligting en om in te skryf via Quicket, klik hier: https://qkt.io/MKfD7E
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'