Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - 'n Groep inwoners van Syferfontein neem vanoggend deel aan 'n vreedsame protesoptog van die ingang na Rosedale in Beachweg, tot by die munisipale gebou in Yorkstraat.
Volgens 'n gemeenskapleier, James Smith, is hulle ontevrede oor die aard van die huise wat die owerheid van plan is om vir hulle in Rosedale te bou.
"Die erwe is piepklein en die huisies beknop. Dit is glad nie geskik vir gestremdes nie," het hy gesê. "Ons wil graag dieselfde huise hê soos die res van Rosedale."
Syferfontein is 'n plakkerskamp wat op Pacaltsdorp se ou stortingsterrein gebou is. Planne om die inwoners te skuif kom is al jare in die pyplyn.
Volgens Smith wil hulle graag later vanoggend n griefskrif aan n verteenwoordiger van George-munisipaliteit oorhandig.
Kyk video's hieronder:
Verkeer drug by Rosedale ingang.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'