SUID-KAAP NUUS - Die gewilde akteurs, Lochner de Kock en Richard van der Westhuizen, wat gehore al vir 35 jaar vermaak, open vanjaar die Suid-Kaapse Fynproewersgilde met uitsoek resepdemonstrasies en musiekvermaak.
De Kock het onderneem om die geheime van sy gunstelingresepte aan die gilde te demonstreer.
Dit sluit in peer- en bloukaassop, avokado met 'n aarbei-coulis, gestopte filorol met slaai gevolg deur 'n omgekeerde ricotta- en blomtert.
Terwyl die lede en hul gaste hierdie geregte proe gaan Richard 'n musiekvertoning lewer.
Datum: 1 Februarie
Plek: Chef's Emporium Restaurant, Diaz Hotel
Tyd: 09:00
Koste: R300 per persoon
Indien jy belangstel om 'n gas na die geleentheid te nooi, kontak Mariaan Kruger by 083 269 9148 om 'n plek te bespreek.
'n Vooraf bankinbetaling word vereis.
Beperkte sitplekke is beskikbaar. Die laaste dag van bespreking vir lede is gaste 29 Januarie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’