Die koor is tydens die finaal van die ATKV Animato Internasionale Koorkompetisie nie net as beste kinderkoor gekroon nie, maar ook as algehele beste koor van die kompetisie aangewys.
Die SKKK, wat in Julie vanjaar as wêreldkampioene by die 8ste Wêreldkorspele bekroon is, het ook eerste plekke vir beste voorgeskrewe lied, beste etnies-Afrika werk, en beste kontemporêre werk, by die kompetisie wat by die Hugo Lambrechts Ouditorium in Parow gehou is gehaal.
Wat hierdie prestasie so besonders maak is dat die SKKK by die finaal teen Suid-Afrika se top gemengde en volwasse kore, onder andere die Suid-Afrikaanse Jeugkoor, onder leiding van Andre van der Merwe, meegeding het en steeds as algehele wenner uit die stryd getree het.
Hierdie gesogte toekenning span die kroon op 'n jaar van groot suksesse vir die koor. Die koor beplan 'n gala-afsluitingskonsert wat binnekort in die media bekend gestel sal word.
Die Suid-Kaap Kinderkoor.
 (Large).jpg)
Jan-Erik Swart (middle), conductor and choir leader of the South Cape Children's Choir, is in seventh heaven after the choir won the ATKV Animato International Choir Competition. The event took place on Sunday, at the Hugo Lambrechts Music Centre in Parow. The choir was named as the best children's choir and the overall best choir of the competition. Clockwise, from Swart, are Le-Quin van Wyk (17), Salathiso Mazaleni (15), Candice Carelse (17), Esté Tait (17), Elisa Barnardo (14), Rolandi Strydom (14), Erin Joubert (16), Chanté Swanepoel (15), Marizanne Scheepers (15), Chanté van der Westhuizen (16), Michelley Grobler (18), Arno Hollander (18) and Psalm Tobias (16). (Lees die volle storie in die Kuns- en Vermaakseksie op bladsy 41.) Photo: Michelle Pienaar
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'