Gallery Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Syferfontein is een van die eerste informele nedersettings in George waar die Garden Route-distriksmunisipaliteit hul ontsmettingsprojek, in samewerking met munisipaliteite in die streek, van stapel gestuur het.
Brandweermanne en gesondheids-praktisyns van die distriksmunisipaliteit doen die ontsmetting en die fokus is op hoërisiko-gebiede wat informele nedersettings en openbare plekke, soos taxistaanplekke en gemeenskaplike toilette, insluit.
Met George Herald se aankoms verlede Donderdag, 2 April, in Syferfontein was die strate aansienlik stiller as gewoonlik met kinders wat hier en daar te sien was, op party plekke meer as ander.
Meeste van die inwoners het langs hul strukture gesit en die distriksmunisipaliteit se werkers dopgehou.
Ander het wasgoed uitgehang en twee mans is opgemerk waar hulle hare gesny het.
twee mans is opgemerk waar hulle hare gesny het.
Dit was duidelik dat inperking hier uiters moeilik is, omdat die strukture en erwe klein is.
Fotogalery: Inperking veroorsaak stilte in Syferfontein
Op een erf sien jy ook meer as een struktuur en die kinders en volwassenes kuier en gesels oor en weer.
"Ons probeer die kinders besig hou in die erf, maar dit is moeilik," het een inwoner vertel. "Daar is minder mense in die strate en ons probeer ons bes, maar hoe kan jy heeldag in so 'n plek sit?
"Die kinders verstaan ook nie altyd dat hulle nie in die strate kan speel nie, dis moeilik ... maar ons probeer."
Kyk 'n video hieronder:
Op een erf sien jy ook meer as een struktuur en die kinders en volwassenes kuier en gesels oor en weer.
Rodriques Kiewiets sit buite sy hek met sy hond, Ogies, en hou die beweging van die gesondheidswerkers met 'n valkoog dop.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'