Gallery Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Daar was herders, engele, wyse manne, én Maria en Josef en Jesus by die krip by die Congregational Church in Pacaltsdorp se Kersspel Sondagmiddag.
Die Sondagskoolkinders het die gaste betower met hul Kersspel, wat ietwat modern was en in die ou Klipkerk aangebied is.
Verskeie kinders het solo-items gelewer en die gaste bekoor met hul pragtige kinderstemme en musiek.
Kyk 'n video hieronder.
Die ouers het na afloop van die vertoning die Sondagskoolonderwysers bedank met hul toewyding aan die kinders en al die harde oefening en opofferings wat ingesit is om die Kersspel 'n sukses te maak.
Craig Lottering (Josef) en Janell West (Maria) met die res van die Sondagskoolmaatjies in die agtergrond.
Die Sondagskoolonderwysers, agter van links: Awie Johnson,Candice Conradie, Lorette Gelderbloem, Meredith Crowley en Machelee Pheiffer. Voor is: Annelize Richards, Megan Lottering, Magynn Noble, Cathlene Harmse, Lesheka Kemmies en Diné Heyns.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'