Update
GEORGE NUUS - Die Openbare Orde Polisie-eenheid (Pops) en 'n string polisievoertuie het op die toneel in New Dawn Park in Pacaltsdorp aangekom. Salette Cloete van die George Herald wat op die toneel is, sê verkeer en brandweer het die toneel verlaat nadat hulle deur betogers met klippe bestook is.
Skote het geklap en onderwysers van New Dawn Park Primêr het die skoolterrein in 'n haas verlaat. Proteastraat is toegemaak aan albei kante met brandende bande.
GO GEORGE-busse wat op die New Dawn Park-roete gery het, het die gebied verlaat. James Robb, bestuurder van Go George, was ook vroeër op die toneel.
Volgens die George-munisipaliteit, sal alle busse wat in en uit Pacaltsdorp beweeg slegs van Beach- en Missionstraat gebruik maak. Roetes sal begin en eindig by Hypersave tot verdere kennisgewing.
Lees 'n vorige artikel: Bande brand weer in Proteastraat
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'