GEORGE NUUS - Die skopgrawe van Kirsten & Tulleken Vervoer (KTV) en lang messe van The Butcher Boys gaan vanaand (Donderdag) uitgeruk word in een van die eindstryde in die Love 4 Vintage en Kommaweer Stoffeerders se Lenteliga vir besigheidspanne by die Outeniqua-rolbalklub.
KTV is vanuit die staanspoor voor in die liga en het die slaghuismanne in die vorige been ook geklop, maar vanaand sal beide spanne alles uithaal om met die kampioenskap weg te stap.
In nog 'n eindwedstryd kom Kruger Internasionaal, wat vir die eerste keer deelneem, teen Supporter te staan. In die vyfde been het Kruger Internasionaal vir Butz & Gutz geklop en daardeur aansienlik in die liga opgeskuif terwyl Supporter weer met The Privates afgereken het.
Baie van die spanne wat vir die eerste keer ingeskryf het, het die rolbal en sosiale samesyn so geniet dat hulle reeds weer vir die Somerliga, wat middel Oktober begin, ingeskryf het. Daar is egter nog plek vir spanne wat wil inskryf en deel van die pret wil wees.
Vanaand word elke speler met 'n gratis biefstukete getrakteer en tree daar ook plaaslike kunstenaars na afloop van die prysuitdeling op. Ondersteuners wat ook 'n steak teen R90 wil nuttig, moet vroegtydig by die klub navraag doen. Daar word ook ander ligte etes te koop aangebied.
Alle belangstellendes is welkom om die geleentheid gratis by te woon by die bane van die Outeniqua-rolbalklub in Airwayweg, Heatherpark. Die wedstryde begin om 18:00 met die prysuitdeling wat teen ongeveer 20:00 volg.
'n Kontantkroeg is ook beskikbaar.
Uitslae:
- Kirsten & Tulleken Vervoer 56;
- The Butcher Boys 52;
- Kruger Internasionaal 51;
- Supporter 50;
- Bowling Stones 47;
- Skubbe 47;
- The Privates 45;
- Split Happens 44;
- Emtec 43;
- Butz & Gutz 43;
- Ricoh 42;
- Werkloos 42;
- Kommaweer Stoffeerders 41;
- Aces High 40;
- 4 Musketeers 38;
- Rawson Rollers 37;
- Die Ryp Piesangs 37;
- Just Property 36;
- Mend a Bath 35;
- Mix n Match 33;
- Matopa Plumbers 33;
- Bruwer Reynolds Prokureurs 33;
- Conti Kitchens 31;
- Conti Graniet 30;
- Angel's 28;
- The Besociables 26.
Wedstrydlys:
Kirsten & Tulleken Vervoer t The Butcher Boys; Kruger Internasionaal t Supporter; Bowling Stones t Skubbe; The Privates t Split Happens; Emtec t Butz & Gutz; Ricoh t Werkloos; Kommaweer Stoffeerders t Aces High; 4 Musketeers t Rawson Rollers; Die Ryp Piesangs t Just Property; Mend a Bath t Mix n Match; Matopa Plumbers t Bruwer Reynolds Prokureurs; Conti Kitchens t Conti Graniet; Angel's t The Besociables.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'