GEORGE NUUS - Administratiewe personeel van nege laerskole in die George-omgewing, sowel as Hoërskool Outeniqua, het op Dinsdag 7 September 'n motiveringsgeleentheid by Loerie Guest Lodge bygewoon, gerig op die ontwikkeling en bemagtiging van die individu en professionele persone.
Hierdie inisiatief, Vlerke, is gevestig deur Laerskool George-Suid en het ten doel om die gemeenskap deur 'n verskeidenheid motiverings- en bemagtigingsgeleenthede te verryk en bemoedig.
"Die administratiewe personeel is die enjinkamer van enige skool. Ons wil die vuur weer aansteek met 'n spesiale boodskap vir persoonlike groei," het Laerskool George-Suid se skoolhoof, Sas du Plessis, gesê.
"Vlerke skep geleenthede vir bemagtiging waarheen ons elke keer 'n ander groep sal uitnooi."Sanet Grobler van Illuminated Growth was die gasspreker van die geleentheid.
Skole wat die geleentheid bygewoon het sluit in Dellville Park Primêr, George Preprimêr, Laerskool Sedgefield, Holy Cross Primary, Olympia Vaardigheidskool, Laerskool van der Hoven, Pacaltsdorp Primêr, Franken Primêr, Hoërskool Outeniqua en Laerskool George-Suid.
Sanet Grobler van Illuminated Growth was die gasspreker van die geleentheid. Verteenwoordigers het 'n ligte ete en verversings geniet, terwyl 'n gelukstrekking vir groot pret gesorg het.
Gaste het ligte verversings geniet. Alles was afsonderlik en aantreklik verpak. INLAS: Sanet Grobler van Illuminated Growth was die gasspreker van die geleentheid.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'