GEORGE NUUS - Hoërskool George het hul innige meegevoel betreur met die familie van die vermoorde Allishandre Floors (16), een van hul leerders.
Morton van Rooyen, die skoolhoof, skryf in 'n boodskap op Facebook wat Floors se foto insluit: "George High betreur die tragiese heengaan van een van ons leerders. Ons innige meegevoel aan die familie - mag haar siel in vrede rus".
Floors, van Stormsrivier, is luidens berigte laas op 22 Desember gesien toe sy haar ouerhuis in Sanddrift saam met 'n familielid verlaat het. Dieselfde familielid, na bewering 'n neef van haar ma, het gister (Vrydag 27 Desember) glo aan die polisie beken het dat hy haar verkrag en vermoor het.
Die verdagte (41) sou ook gister vir die polisie gaan wys het waar haar liggaam is.
Meer inligting sal volg soos dit beskikbaar is.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'