GEORGE NUUS - Pacaltsdorp-polisie, in samewerking met die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) en buurtwaglede, het op Woensdag 9 Januarie gesoekte persone vir verskeie misdade in hegtenis geneem. Daar is ook beslag gelê op verskeie vermoedelik gesteelde items.
Volgens Pacaltsdorp-polisie se kommunikasiebeampte, sers. Shadelle Fisher, kan dié tipe suksesse toegeskryf word aan 'n samewerkingsprojek tussen die polisie, die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) en buurtwagte in die gebied.
Stasiebevelvoerder, lt.kol. Hans Blaauw, waarsku oortreders dat daar hierdie jaar nog strenger teen hulle opgetree sal word.
Hy nooi alle belangstellendes om by die buurtwagstrukture, straatkomitees en patrolliegroepe aan te sluit.
"In Pacaltsdorp is bewys dat die samewerking tussen die gemeenskapspolisiëringsforum, buurtwaglede en die polisie, misdaadvoorkoming na 'n hoër vlak gelig het. Lede spandeer menigmaal hul vrye tyd om misdaad te bekamp," sê Fisher.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'