Dit was die boodskap wat Freddy Trout en Wayne Windvoël van People Against Substance Abuse Vrydagoggend aan die leerders van Delville Park Primêr oorgedra het. "Vriende wat vir jou drank, sigarette of dwelms gee, is nie jou vriende nie," het Freddy en Wayne die leerders vertel.
"Dis mense wat jou lewe verwoes."
Freddy en Wayne, albei gerehabiliteerde dwelmverslaafdes, het People Against Substance Abuse (PASA) vier jaar gelede gestig. Dit is nou hierdie twee mans se voltdydse werk om hul boodskap oor dwelm- en alkoholmisbruik by skole in die Suid-Kaap te versprei.
"Ons wil graag die boodskap oordra dat dwelms en alkohol jou lewe kan verwoes.
As gerahibiliteerde dwelmverslaafdes verstaan ons albei die verskriklike gevare van dwelm- en alkoholmisbruik.
"Ons wil graag verhoed dat kinders in dieselfde wêreld vasgevang word waarin ons onsself op hulle ouderdom bevind het. Dwelms verwoes alles - jou verhoudings, jou familie en natuurlik, jouself," was hulle boodskap.
Hulle het aan die George Herald gesê: "Kinders moet besef dat hulle verantwoordelikheid moet neem vir hulle eie keuses en besluite - niemand anders kan dit vir hulle doen nie. Ons is eenvoudig hier om hulle in die regte rigting te stoot en hoop dat die inligting wat ons vir hulle gee, rêrig ‘n impak op hulle sal maak - en hulle sal verhoed daarvan om ooit enige dwelms te aanvaar."
Help PASA om ‘n verskil te maak
PASA is ‘n nie-winsgewinde organisasie en is altyd op soek na nuwe borge of donasies, veral vir die inligtingsboekies wat hulle by skole versprei. Om betrokke te raak by PASA en die werk wat hullle doen, skakel vir Freddy Trout by 072 547 5838 of 044 871 3724.
"Dit is PASA se grootste droom om ons skole dwelm-vry te maak," vertel Freddy en Wayne. "Enige hulp sal opreg waardeer word."
Artikel en foto's: Tanya Watson
.jpg)
"Los my uit! Ek wil nie dwelms hê nie!"