
Orgaanskenkers word aan indringende onderhoude en sielkundige toetse onderwerp, veral waar dit nie 'n familielid is wat die orgaan skenk nie.
Omdat 'n nier deesdae endoskopies verwyder word, is die operasie op die skenker minder ingrypend en herstel die persoon taamlik vinnig.
'n Mens se kans om 'n normale lewe te lei met net een nier, is net so goed soos met twee. Wanneer 'n probleem met 'n mens se niere ontwikkel, word albei gewoonlik geaffekteer. 'n Mens kan dus nie redeneer dat jy 'n "spaarnier" moet hou nie.
Die ontvanger het uiteindelik drie niere, maar die nuwe nier neem al die funksies oor.
Die twee skenkers sê hulle voel piekfyn met net een nier, hoewel Heiletha kla van bietjie vogterughouding. Hulle moedig mense aan om te registreer as orgaanskenkers.