Gallery Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Hoërskool George se hekke is vanoggend, Maandag 6 Julie, gesluit.
Die leerders staan buite en wag om die skoolterrein binne te gaan. Onderwysers staan in groepe op die sypaadjie.
Intussen maak die skool se sekuriteitspersoneel en skoolbeheerraad dit duidelik hulle gaan niemand in laat alvorens 'n verteenwoordiger van die WKOD hul lot aanhoor nie.
"Te min klaskamers, te min badkamers en te min onderwysers," het die voorsitter van die beheerraad, Lawrence Andries, gesê.
Volgens Andries het hulle pleidooi om hulp van die departement op dowe ore geval. Hy reken dit is onmoontlik vir kinders om 'n veilige afstand te hou onder die omstandighede.
FOTOGALERY: Hoërskool George gesluit
Een van die ouers, Jocelyn Krotz, is bekommerd oor die higiëne van die toilette 'n groot bekommernis. "Ons is nie onwillig om saam met die regering te werk nie, maar wil graag daai gerusstelling hê dat ons kinders veilig is," het sy gesê.
Kyk video's hieronder
Een van die Gr 11-leerders, Juwayne Peterse, het gesê hy glo elkeen moet 'n kans gegee word om skool te gaan, en hoop hulle kan binnekort met klasse begin.
"Ons is mos darem groot genoeg om by die reëls te hou," het hy gesê.
Skoolhoof Morton van Rooyen wou nie die media te woord staan nie, maar het gesê hulle wag tans op 'n verteenwoordiger van die WKOD.
Sean Davids, 'n Gr 11-leerder, staan aan die punt van n lang ry leerders voor Hoërskool George se skoolhek.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'