Video
TUINROETE | KAROO NUUS - Dysselsdorp Rangers het vanmiddag in 'n klipharde rillerstryd op Outeniquapark op George die SWD Karoostreek se eindstryd teen 'n begeesterde Haarlem Swingz met 7-3 gewen.
Die rustydtelling was 0-0.
Hierdie oorwinning beteken dat Rangers volgende jaar in die SWD B-liga sal speel. Geluk Rangers!
In die Oudtshoorn Landelike Rugby Voetbalunie se eindstryd het Grootkraal Kavaliers oortuigend vir Lategansvlei met 34-3 gewen.
VIDEO - Dysseldorp Rangers se rillerstryd op Outeniquapark (Video: Wyndham Ewerts, Oudtshoorn Courant).
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'