GEORGE NUUS - George-raadslede van die opposisiepartye het verlede week besoek afgelê by behoeftige gesinne in onder andere Pacaltsdorp en Kleinkrantz.
Behalwe dat hulle probeer het om van die mense se klagtes op te los, is opgemaakte kospakkies wat die basiese kosprodukte bevat, ook aan van die gesinne oorhandig.
'n Vrou van Kleinkrantz, wat alleen in die bosse gebly het, is ook deur die groep gehelp.
"Die vrou het voorheen op 'n plaas gewoon, maar is afgesit nadat die eienaar dit verkoop het. Sy het in haglike en onveilige omstandighede gewoon, en ons wou graag help. Nadat ons inligting oor haar ontvang het, het ons haar besoek en die George-munisipaliteit gevra of hulle dringend 'n tydelike struktuur vir haar kan oprig sodat sy terug in die gemeenskap geplaas kan word.
"Sewe raadslede van die opposisie het haar besoek, ANC, PBI en AIC. Ek wil graag my dank aan alle rolspelers, insluitend die direkteur van behuising en waarnemende direkteur gemeenskapsdienste, uitspreek. Alle mense in ons land het grondwetlike regte tot toegang tot behuising en sanitasie, asook die reg tot waardigheid," het Virgill Gericke van die PBI gesê.
Gericke het ook Warren Adams, 'n geoktrooieerde rekenmeester en oudinwoner van Pacaltsdorp, bedank vir sy bydrae tot die opmaak van die kospakkies.
Katriena Kiewit (63) van Cycadstraat in Pacaltdorp (in die rystoel) en Johanna Williams was baie dankbaar vir 'n kospakkie wat verlede week deur lede van die plaaslike opposisiepartye aan hulle oorhandig is. Van links is Langa Langa (ANC), Nomawethu Jantjies-Gushman, Wilbur Harris (Icosa), Virgill Gericke (PBI) en Mercia Draghoender (Good).
Warren Adams.
Aunt Rachel Adams (78) van Cycadstraat in Pacaltsdorp was ook een van die begunstigdes wat 'n kospakkie van Virgill Gericke van die PBI en Warren Adams, 'n oudinwoners van Pacaltsdorp, ontvang het. Saam met Aunt Rachel is haar seun, Johnny.
Holmes in haar splinternuwe tydelike strukstuur.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'