Met sy slim humor en pittige sêgoed het hy die leerders vermaak, maar die boodskap was duidelik. "Al doen jy jou bes, is daar altyd ruimte vir verbetering," het hy benadruk.
Jansen is tans besig met 'n nasionale veldtog om die gemiddelde slaagsyfer in alle skoolvakke na 50% te verhoog. Op die oomblik hoef matrikulante net 30% in drie vakke en 40% in twee ander te behaal om te slaag. Dit beteken 60% of 70%, die grootste persentasie van die werk, het julle geen benul van nie, het hy bekommerd gesê. "Waar is die selfrespek?"
Jansen het dit duidelik gemaak dat hy in mense belangstel wat positiewe veranderinge in die lewe wil maak. Jongmense moet weet hoe goed hulle is. Sy ouers het hom geleer dat "gelerentheid" baie belangrik is, het hy trots gesê. Hy het ook 'n paar beginsels met sy luisteraars bespreek; kernwaardes waarmee hy grootgeword het:
- Sonder opvoeding gaan jy nie uit armoede kom nie
- Jy moet vir almal respek hê
- Wees ordentlik en waardig
- Kies 'n rolmodel met waardes en 'n portuurgroep wat jou kan oplig
- Kweek selfrespek en onthou seks is vir die huwelik.
Leerders het ná die tyd tougestaan om die professor te bedank. Die universiteit doen bemarking regoor die wêreld.
Hy het belowe dat die bemarkingspan eersdaags na George en omliggende gebiede gaan kom om studente te werf.
(Tanita Da Silva)