GEORGE NEWS - Die geliefde potjiekosfees is terug by Carpe Diem Skool vir 'n dag van lekker eet, pret en geselligheid!
Gaan kuier by die skool op Saterdag 16 Maart vir 'n ervaring wat jou smaakknoppies sal laat sing en jou familie en vriende 'n dag sal gee om te onthou.
Die fees beloof 'n reeks heerlike potte wat beplan en voorberei word deur entoesiastiese spanne. As jy jou eie span wil inskryf, moenie wag nie.
Inskrywings sluit 14 Maart en is R300 vir 'n span van ses.
'n Kunsmark en stalletjies sal bydra tot die feestelike atmosfeer en vir die kleingoed is daar 'n speelarea, 'n inkleurkompetisie, 'n springkasteel, kaskarry en lekker springmielies en pannekoek.
Bespreek jou eie stalletjie vir slegs R150. Besoekers kan ook 'n vlaggie plant vir R50.
Vat 'n stoel, tuinkombers, drinkgoed en 'n sonsambreel en ontspan heerlik op die grasperk vir 'n dag om te onthou.
Onthou die datum:
• 16 Maart - Carpe Diem Skool
• Potjiekosinskrywings - Daphne by 083 844 4215
• Stalletjiebesprekings - Enisca by 071 107 7183
Mag die beste pot wen!
Bespreek jou eie stalletjie vir slegs R150.
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’