GEORGE NUUS - 'n Pacaltsdorp-polisieman staar twee klagtes van ernstige aanranding in die gesig ná 'n beweerde voorval in die informele nedersetting, Moeggeploeg, op Woensdagaand, 26 Augustus.
Volgens 'n bron wat verkies om anoniem te bly, is die polisiebeampte 'n geldlener en verkoop hy ook tuisgemaakte bier.
"Die beampte verkoop tuisgemaakte bier en hy is ook 'n moneylender. Die slagoffer en haar saamleefmaat het hom geld geskuld en Woensdagaand het hy hulle met 'n swart sambok kom aanrand daaroor," sê die bron.
Suid-Kaapse polisie-woordvoerder, kapt. Malcolm Pojie, het bevestig dat twee klagtes van ernstige aanranding teen die beampte ondersoek word.
"Pacaltsdorp-polisie het aanvanklik op Donderdag 27 Augustus omstreeks 10:50 op 'n klagte vanuit Moeggeploeg gereageer, maar die klaer wou in daardie stadium nie 'n formele klag teen die lid indien nie en het slegs versoek dat 'n waarskuwing uitgereik word.
"Weens die erns van die beweringe teen die polisiebeampte het Pacaltsdorp-polisie egter besluit om 'n saak namens die klaagster te open, gebaseer op haar verslag wat sy ingedien het," sê Pojie.
Twee sake van ernstige aanranding word ondersoek na 'n lid van die Pacaltsdorp-polisie glo 'n vrou en haar saamleefmaat met 'n sambok aangerand het. Hulle het hom glo geld geskuld.
Volgens Pojie was die klaagster onbewus dat die polisie namens haar 'n dossier geopen het, en is sy omstreeks 21:00 Donderdagaand na die George-klagtekantoor waar sy en haar lewensmaat albei formele sake teendie polisiebeampte ingedien het.
"Die saak word tans ondersoek en die dossier sal aan die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) voorgelê word vir 'n beslissing.
"Ons is ook besig met 'n tugondersoek wat parallel met die strafregtelike ondersoek gedoen sal word," sê Pojie.
Hale oor haar nek en skouers.
Die klaagster is na bewering deur 'n polisiebeampte met 'n sambok aangerand omdat hy haar geld geskuld het.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'