GEORGE NUUS - 'n Plakkershut in Syferfontein het Dinsdagoggend skuins na 01:00 afgebrand. Die inwoners, 'n ouerpaar en hul kinders, is ongedeerd.
Volgens wyksraadslid Johan Stander is die brandweer ontbied en die brand is vinnig geblus.
"Ek het met die departement van behuising gereël vir die oprig van noodbehuising, sodra die weer en omstandighede dit toelaat," het Stander gesê. "Die oorsaak van die brand word nog ondersoek."
Die direkteur van gemeenskapsdienste, Walter Hendricks, het bevestig dat die woning afgebrand het teen die tyd wat die brandweer die toneel bereik het. "Die vuur is onder beheer gebring en geblus. Niemand het seergekry nie. Die twee volwassenes en drie kinders wat in die struktuur gewoon het word tans deur familie gehuisves."
Hy het bevestig dat die George-munisipaliteit reeds prosedures begin het om die familie toe te rus met noodbehuising.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'