GEORGE NUUS - Ruth Miller, opvoeder van Laerskool New Dawn Park, het 'n goue medalje by die SA skolenetbal se Alle Ouderdomme-toernooi in Boksburg verwerf en 'n bronsmedalje tydens die Wes-Kaapse interdistrik-toernooi in Wellington.
Albei toernooie is gedurende die Julievakansie aangebied.
Die SWD-span met afrigter, Ruth Miller (links) van George, wat brons by die Wes-Kaapse Interdistrik-toernooi in Wellington ontvang het.
Ruth Miller (agter, vierde van regs) en haar span het goue medaljes verower in die SASN Alle Ouderdomme-toernooi.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'