GEORGE NUUSFLITS - Die borgtogaansoek van die 67-jarige plaaseienaar wat in Junie vir mensehandel en poging tot seksuele aanranding van 'n minderjarige meisie (15) in hegtenis geneem is, is vir 'n derde keer uitgestel nadat die nodige dokumentasie nie die tolk betyds bereik het nie.
Landdros Phillip Mgwebile het die borgtogaansoek gister (Maandag 7 Augustus) tot 17 Augustus uitgestel.
Die plaaseienaar en ‘n 37-jarige man is in Junie deur lede van die gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe-eenheid (GKS) in hegtenis geneem nadat 'n tienermeisie van Blanco 'n klag by die polisie ingedien het.
Die 67-jarige verdagte se beëdigde verklaring is gister aan die hof voorgelees en op rekord gestel, maar 'n karaktergetuie se beëdigde verklaring in Afrikaans, het die tolk eers Maandagoggend bereik.
Die tolk het toe aangevoer dat hy 'n dag sal nodig hê om deur die dokument te werk en dit na Engels te vertaal. Om moontlike tegniese foute te vermy wat die uitkoms van die saak in die toekoms kan belemmer, het landdros Mgwebile uitstel gegee.
Die verdagtes is reeds ses weke in aanhouding.
Lees meer hieroor in Donderdag se George Herald, asook aanlyn.
Lees vorige artikels:
• Opvolg: Seksdade met meisie
• 2 Vas na seksdade met tienermeisie
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'