Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Groot opgewondenheid heers vandag in Pacaltsdorp, waar die PBI hul kandidate vir die tussenverkiesing in November aan die gemeenskap bekendstel.
Die kandidate is as volg: Marchell Kleynhans (Wyk 27), John Bruinders (Wyk 14), Maria Greeff (Wyk 17) Samuel Voster (Wyk 8).
PBI-leier en raadslid Virgill Gericke het spesiaal Erfenisdag vir die geleentheid gekies. "Ons is'n party vir alle mense, soos Suid-Afrika se erfenis ook aan almal behoort," het hy gesê.
Daar word vandag gesing en gedans en wors gebraai in 'n jolige samesyn op' n stuk grond oorkant Hypersave. "Almal is welkom," het Gericke genooi.
Die Jerusalema is ook gedans! Kyk 'n video hieronder:
PBI sê ons gaan nou braai!
Van links is Virgill Gericke, Samuel Voster, Marcelle Kleynhans, Maria Greeff, John Bruinders en Pat Buys.
Virgill Gericke en ondersteuners van die PBI dans die Jerusalema.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'