GEORGE NUUS - Alhoewel Hoërskool Pacaltsdorp se 71,9%-slaagsyfer vir baie ‘n teleurstellinig is, het die matrieks wat dit wel gemaak het, saam met opvoerders getuig toe hulle vanmiddag hulle uitslae in die skoolsaal ontvang.
Josayh Page is aangewys as die skool se toppresteer. Dit is die eerste keer in jare dat ‘n seun die plek inneem. Caytlen Langley het die tweede plek ingeneem en Juneille Hansi, derde plek.
Die skoolhoof, Clifton Titus, erken dat die slaagsyfer nie aan hul verwagtinge voldoen het nie, maar hy kyk met hoop na die toekoms. "Alhoewel ons teleurgesteld is in die uitslae, het baie leerders hulle punte in verskeie vakke verbeter. Ons bou voort op die suksesse en dit wat goed gewerk het."
Hy het die leerders geluk gewens en voorspoed toegewens vir die toekoms. Ook sy personeel het hy bedank vir hulle toewyding en harde werk.
Ondanks verskeie uitdagings wat die skool in 2023 ondervind het, het agt leerders nie al hulle vraestelle voltooi nie, wat 'n groot impak op die skool se slaagsyfer gehad het.
Titus sien egter uit na die voortdurende verbetering en groei van die skool in die komende jare.
Hoërskool Pacaltsdorp se matrieks in die skoolsaal.
Hoërskool Pacaltsdorp se matrieks in die skoolsaal.
Mnr. Clifton Titus (tweede van regs) saam met die skool se toppresteerders, voor van links, Juneille Hansi (3de), Josayh (toppresteerder) en Caytlen Langley (2de). Agter staan Brooklynn Claassen, Lucille Booysen, Laché Fry, Katelin Julies, Shayden Mingo, Keeks Thyssen en Branton Makok. Afwesig: Hloniphani.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’