GEORGE NUUS - Die Outeniquapas is weer ten volle oop vir verkeer.
Die pas was vroeër vanmiddag gedeeltelik gesluit nadat 3 voertuie in 'n ongeluk betrokke was.
Die ongeluk het omstreeks 14:40 plaasgevind terwyl die pad baie nat was.
Metro-nooddienste, die polisie, die brandweer, verkeersdienste en ER24 was op die toneel.
Richard Botha, Metro-nooddienste reddingsbestuurder het aan die George Herald gesê die ongeluk het sowat 3km van die Blanco-afrit in 'n noordelike rigting plaasgevind. 'n Toyota voertuig het van Oudshoorn se kant na George gery.Blykbaar het die bestuurder beheer verloor en 'n Uno voertuig het van agter teen hom gebots. 'n Ford Ranger bakkie wat van suid na noord gery het het probeer uitswaai maar kon nie daarin slaag en het ook gebots.
Niemand in die bakkie is beseer. 'n Insittende van die Uno en 'n insittende van die Toyota is lig beseer en per ambulanse vir behandeling weggeem.
Die pas is kort na 16:00 ten volle vir verkeer oopgestel.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'