Video
GEORGE NUUS - Ouers van New Dawn Park Primêr het vanoggend (Dinsdag 11 Februarie) na die skool opgeruk met klagtes dat 'n graad 2-onderwyser gereeld afwesig is.
Die ouers sê hul kinders kry nie tans onderrig nie, en hulle voel die onderwyser word deur die wet beskerm. Hulle sê die kinders moet binnekort evalueer word, en het geen benul van die werk nie.
Die ouers wag nou vir kringbestuurder, Koos Eksteen, om hulle te woord te staan.
Theresa Fortuin, wyksraadslid, het met die George Herald gesels.
Kyk 'n video hieronder:
Plakkate voor die skool van al die ouers se klagtes.
'n Saal vol ouers wag nou vir kringbestuurder, Koos Eksteen, om hulle te woord te staan!
Lees die volledige artikel in Donderdag se George Herald.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'