MOSSELBAAI NUUS - Inwoners van Mosselbaai het die afgelope week met skok van die grusame moord op die 27-jarige Kirsty Eugenie James verneem.
Kirsty is deur 'n 32-jarige vrou op Maandag, 17 Oktober verskeie kere met 'n mes by haar kantoor by NDK Valuers in Springstraat gesteek.
Die voorval het vermoedelik tussen 15:30 en 16:00 gebeur. Kirsty was ten tyde van die aanval alleen op die perseel maar het vermoedelik 'n voorgevoel gehad dat alles nie pluis is nie.
Die Mossel Bay Advertiser het betroubaar verneem dat Kirsty kort voor die aanval 'n vriendin gebel het en gevra het dat sy tot by die kantoor moet kom omdat die verdagte glo vreemd opgetree het.
Lees die volledige artikel môre in die Mossel Bay Advertiser of by www.mosselbayadvertiser.com.
Die perseel van NDK Valuers waar die 27-jarige Kirsty James wreed vermoor is.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'