Dit volg nadat lede van die Attakwa honde-eenheid (Oudtshoorn) inligting ontvang het dat ‘n vrag perlemoen deur George vanaf Kaapstad na Port Elizabeth vervoer sal word.
Dié lede, saam met hul kollegas van die Outeniqua K9-eenheid (George), het omstreeks 02:00 die verdagte gehuurde wit Nissan-bakkie op die hoofweg opgemerk en agtervolg.
Kaptein Bernadine Steyn, die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, sê die bestuurder van die bakkie het vermoedelik die polisie gesien en naby ‘n vulstasie afgetrek, uit die voertuig gespring en weggehardloop.
Die bestuurder van ‘n wit Toyota Yaris, wat voor die bakkie gery het en vermoedelik die verkenningsvoertuig was, het omgedraai nadat hy gesien het die bakkie is nie meer agter hom nie en is deur die polisie voorgekeer. Twee mans (26 en 30 jaar) is ingeneem vir ondervraging. Hulle is albei van ‘n dorp aan die suidkus.
Die bestuurder van die bakkie is steeds op vrye voet.
Generaal Thembisile Patekile, die gebiedsbevelvoerder vir die Tuinroete het die lede geprys vir hul goeie speurwerk en gesê dit wys dat die polisie in die Suid-Kaap se gereedheid in plek is.
Klik hier vir 'n vorige nuusflits.
‘n Vingerafdrukdeskundige poeier die bakwerk van die wit Nissan-bakkie waarin die perlemoen gevind is.
Generaal Thembisile Patekile, die gebiedsbevelvoerder vir die Tuinroete saam met beamptes van die departement van seevisserye.
ARTIKEL EN FOTO'S: LIZETTE DA SILVA, GEORGE HERALD-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'