GEORGE NUUS - 'n Vrou (22) van Thembalehtu is dood en twee passasiers is beseer tydens 'n ongeluk op die N2 naby die Pacaltsdorp-brug omstreeks 06:10 Saterdagoggend, 14 Desember.
Volgens die Suid-Kaapse polisiewoord-voerder, sers. Chris Spies, was 'n passasiersbus wat polisiebeamptes vervoer het, onderweg van die Oos-Kaap na Kaapstad toe dit die vrou, wat besig was om die pad oor te steek, getref en omgeslaan het.
"Twee polisiebeamptes in die bus het beserings opgedoen. Hulle is per ambulans hospitaal toe geneem en dieselfde dag ontslaan," het hy gesê. Die vrou is op die toneel deur paramedici dood verklaar.
Ongeluk in Kaaimans
Kort na die ongeluk op die N2 is nooddienste na 'n ongeluk in die Kaaimanspas ontbied waar 'n motor omgeslaan het nadat die bestuurder beheer oor haar voertuig verloor het. Geen beserings is aangemeld nie.
'n Gedeelte van die pad was toe vir verkeer sodat die toneel opgeruim kon word.
Nooddienste op die toneel waar die bus langs die N2 gelê het.
A Thembalethu woman (22) was killed and two passengers were injured in an accident on the N2 near the Pacaltsdorp Bridge at about 06:10 Saturday morning, 14 December. According to Southern Cape police spokesperson, Sergeant Chris Spies, a bus carrying police officers was on its way from the Eastern Cape to Cape Town when it hit the woman, who was crossing the road, and toppled over. Shortly thereafter, in another accident, a female driver was lucky to escape injury when she lost control of her vehicle in the Kaaimans Pass.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'