Hierdie massas water het veroorsaak dat Die Eiland nou ontruim moet word.
Inwoners van Klein-Brak Rivier (wat op die oewer woonagtig is), moesook ontruim word aangesien die rivier ontsettend hoog opgestoot het.
Inwoners van die Groenkloof Aftreeoord en Siekeboeg In Groot-Brakrivier was ook vandag tydelik vasgekeer.
Sommige inwoners met sedanmotors wat afsprake in Mosselbaai en elders gehad het, was binne in die oord vasgevang. Die polisie in Groot-Brak moes ook help om ‘n inwoner veilig tuis na die oord te bring.
Die sterk waterstroom het beide rigtings in Sandhoogtepad na Groot-Brak se vleie, ook bekend as die meer, gevloei.
‘n Bewoner van elders in Sandhoogtepad wat op pad huis toe was, se klein Morris is in die sterkvloeiende water vasgevang.
Teen middagete het die reën bedaar maar het die waterstroom steeds sterk gevloei.
.jpg)