Update Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Ongelukkige studente van Suid-Kaap Kollege het opgeruk by die hoofkantoor in Mitchellstraat waar hulle op antwoorde wag.
Dit volg na protesaksie gister. Die studente is ongelukkig oor beursgelde wat nie uitbetaal is nie.
Die polisie is ook op die toneel om seker te maak dinge ruk nie uit hand uit nie.
Die studente is gevra om terug te beweeg na die kampus in Hiberniastraat.
Volgens Moeketsie Phahlane, 'n studente verteenwoordiger, gaan hulle die kollege kans gee om te werk aan n oplossing.
“Ons moet hulle die kans gee om na die dokumentasie te soek en seker te maak watter studente kom iets kort.”
Phahlane sê hy hoop die kollege het teen môre antwoorde vir hulle sodat klasse voort kan gaan.
Sommige studente is egter van die mening dat hulle sal aanhou met die protesaksie tot hul geld inbetaal is.
Kyk video's hieronder.
Lees vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'