GEORGE NUUS - Vyf mense is vanoggend na ‘n hospitaal in George vervoer na ‘n ongeluk op die Outeniquapas.
Vier insittendes van ‘n privaat voertuig, en ‘n vragmotorbestuurder, was in die ongeluk betrokke.
Volgens Kapt. Nolonwabo Tshengu, kommunikasiebeampte van George-polisie, is niemand ernstig beseer nie.
Metro- en Netcare-nooddienste, sowel die polisie en verkeer, was op die toneel. Beide bane op die pas was vir ‘n tyd gesluit, maar dit is tans oop vir verkeer.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'