GEORGE NUUSFLITS - Een persoon is Vrydagaand, 8 Junie, met ligte beserings deur ER24-ambulansdiens na die George-hospitaal vervoer na 'n motorongeluk in die Outeniquapas.
Volgens, Annine Siddall, ER24-woordvoerder, was drie persone in die motor.
Die ander twee persone is nie beseer nie. Die oorsaak van die ongeluk is onbekend.
Metro-nooddienste en die polisie was ook op die toneel.
Meer inligting volg soos dit beskikbaar word.
Dit is onduidelik wat die ongeluk veroorsaak het.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'