GEORGE NUUSFLITS - Drie voertuie het vanmiddag laat in Courtenaystraat agter in mekaar vasgery.
2 Pasiënte, met ligte beserings, is deur ER24 na die George-hospitaal geneem en 'n swanger vrou, ook met ligte beserings, is deur Eden 911 na die hospitaal geneem.
Die 2 ander persone wat in die ongeluk betrokke was, het vervoer na die hospitaal geweier.
Meer inligting sal volg soos dit beskikbaar is.
ARTIKEL: KRISTY KOLBERG, GEORGE HERALD JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'