GEORGE NUUS - ‘n Man is gisteraand deur ‘n bakkie op Kaaimanspas raakgery. Metro-nooddienste was op die toneel. Terugvoer oor die man se toestand word afgewag.
Volgens die drywer van ‘n plaaslike wegsleepdiens het die ongeluk skuins voor 22:00 gisteraand plaasgevind.
Hy was in die omgewing om ‘n ander voertuig weg te sleep.
Volgens die drywer het die ongeluk tussen die Dophin’s Point uitkykpunt en die afdraai na Kaaimansrivier se parkeerterrein, in die teerpad, plaasgevind. Meer inligting volg sodra dit beskikbaar is.
Navraag is aan beide Metro-nooddienste en die polisie gestuur.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'