GEORGE NUUS - By Olympia Vaardigheidskool staan 'n biblioteek en stof opgaar omdat daar nie boeke is om te lees nie. Hazel Human, 'n onderwyser by die skool, vertel dit was eens op 'n tyd 'n volwaardige biblioteek, maar het sleg agteruitgegaan. Human sê blykbaar het iemand al die boeke kom vat en daarna is dit as 'n gewone klaskamer gebruik.
Die skool wil dit egter weer instel as 'n biblioteek, veral om lees by die skool aan te moedig.
Dit sal ook dien as alternatief vir leerders wat na skool moet wag vir sportoefening. "Maar dit beteken ons sal boeke moet kry. Enige boeke is welkom."
Die klas is ook ingeruim vir e-leer en kan dus audio-boeke en films insluit.
Indien enigiemand of 'n organisasie boeke het wat hulle wil skenk, kontak gerus die skool by 044 878 0368.
Die skool het donasies van boeke nodig vir hul biblioteek
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'