Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - 'n Nuwe inisiatief om jeugbemagtiging te bevorder, Shift Entrepreneurs, is Donderdag 26 Januarie in George bekendgestel.
Dr. Dennis Farrell, bekende sakeleier en die dryfkrag agter Business Café, het as fasiliteerder opgetree.
Die geleentheid is bygewoon deur Memory Booysen, burgemeester van die Tuinroete-distriksmunisipaliteit, die voorsitter van Shift, Des-lie van Wyk en die ondervoorsitter, Khanyi Hlungwane.
'n Groep jong sakelui en professionele mense was ook teenwoordig.
Farrel het gesê Shift is 'n beweging waardeer die jeug bemagtiging aanneem. "Jong sakelui van George en die Tuinroete is betrokke. Die jeug word genooi om betrokke te raak."
Nuwe jeuginisiatief
Farrell het benadruk dat vertroue nie net in die sakewêreld nie, maar ook in die gemeenskap gebou moet word. Daar moet saamgewerk word en dit is oplossingsgedrewe.
Booysen het gesê die jeug is die toekoms. "Die toekoms begin vandag."
Die toekoms is in die hande van die jeug. Booysen het die inisiatief as die regte stap beskryf.
By die bekendstelling van Shift Entrepreneurs is van links: Kobus Barnard (Investec), Des-lie van Wyk, (voorsitter van Shift Entrepreneurs), Memory Booysen (burgemeester van die Tuinroete-distriksmunisipaliteit), dr. Dennis Farrell (Business Café) en Khanyi Hlungwane (ondervoorsitter van Shift).
Memory Booysen, burgemeester van die Tuinroete-distriksmunisipaliteit, by die bekendstelling.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'