Update
GEORGE NUUS - Daar is nog geen spoor van die mansstudent (18) wat onlangs vermis geraak het in die see by Wilderness nie. Dit volg nadat 'n vrouestudent, Nkgolobi Molapi (21) van Gauteng op Vrydag 10 Maart in die gebied verdrink het.
Die mansstudent het haar vermoedelik probeer help toe sy in die moeilikheid beland het. Hy en Molapi was deel van 'n groep studente van die Nelson Mandela Universiteit George wat die dag gaan swem het.
Sers. Chris Spies, Suid-Kaapse polisie-woordvoerder, het gister (Woensdag 29 Maart) gesê die soektog gaan voort, maar dis afgeskaal.
Die publiek word gevra om die polisie te kontak indien hulle iets in die gebied opmerk. Kontak die ondersoekbeampte sers. Nathan Buys, by 044 803 4400.
Vorige artikels:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’