GEORGE NUUS - George-munisipaliteit het ter viering van Wêrelddag vir haweloses, 'n byeenkoms vir haweloses gehou.
Die doel van die byeenkoms was om mense wat op straat bly, moed in te praat en hoop te gee vir die toekoms.
Die program is aangebied deur George-munisipaliteit se gemeenskapsont-wikkelingsafdeling in samewerking met, Cremhog (Christian Rehabilitation Ministries to the Homeless of George), die provinsiale departement van gemeenskapsontwikkeling, Youth for Christ Kidstop, Stop Trafficking en SAHARA (Smoking & Alcohol Harms Alleviation & Rehabilitation Association).
'n Plaaslike inwoner, Marlon Thysse, het 'n 360 grade ommeswaai in sy lewe gemaak toe hy 'n werk by Panarottis as 'n algemene werker begin het.
Thysse het die ander mense wat nog op straat lewe bemoedig deur te sê daar is hoop, as hy dit kan doen kan enigiemand die ommeswaai doen met behulp van dié organisasies.
"Ek weet hoe dit gaan, ons almal het werk en 'n plek nodig, somtyds word jou komberse en goed gesteel," het Thysse gesê.
Maar hy het die haweloses bemoedig deur aan hulle te vertel dat hy nie familie het nie, dat hy alleen is, maar dat die Here saam met hom loop. Hy het ook vir André Olivier van Cremhog bedank die groot rol wat hy speel in die lewens van haweloses. Hy het ook verwys na oorlede ds. Martin wie se hart oorgeloop het van liefde vir haweloses.
Estelle Botha-Fredericks, van gemeenskapsontwikkeling, het met 'n kersseremonie die haweloses geleentheid gegee om diegene in herinnering te bring wat gesterf het terwyl hulle haweloos was.
Olivier het gesê volgens die 2022-sensus is daar 55 000 hawelose mense in Suid-Afrika. Hy sê dit beteken een uit elke 1 000 mense is haweloos en daar is op die oomblik ongeveer 200 haweloses in George.
Olivier het almal gevra om hul same-werking te gee by Cremhog en ook met voorstelle te kom oor hoe die organisasie hul lewens kan verbeter.
Volgens Zelda Barnard van Stop Trafficking, leef mense onder 'n wanper-sepsie oor wie almal kwesbaar is. Sy sê haweloses is kwesbaar, want hul identiteite kan gesteel word, omdat hulle nie almal familie of ander mense het wat hulle sal mis nie. Barnard het die hawelose mense gevra om mekaar te beskerm teen die onveilige lewe.
"Julle is mekaar se beskermers en mekaar se dokters. Moenie selfsugtig wees nie, help om na mekaar om te sien," het sy gesê.
Jonathan Fortuin van gemeenskaps-onwikkeling, het die haweloses gevra: "Is jy haweloos omdat jy nie 'n dak oor jou kop het nie, of is jy haweloos omdat jy nie 'n droom het nie?"
Fortuin het die mense uitgedaag om te droom en te werk aan 'n beter toekoms, want daar is hulp. Hy het benadruk dat nie net sekere mense gebroke, seer of sonder hoop is nie, maar selfs mense wat mooi aangetrek is of wat 'n glimlag op die gesig het.
Hy het ook gevra dat die hawelose mense help om George te beveilig en te skoon te hou.
"Besoekers moet in die aand ongedeerd in die stad kan rondloop. Hulle moet kan teruggaan na hul tuistes en wonder wat doen George anders dat hulle nie geroof is nie," het Fortuin verder gesê.
Die haweloses het as deel van die byeenkoms 'n warm bord kos gekry en broodnodige toiletware..
Voor sit sommige van die haweloses sit die organiseerders van die program. ‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’