Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Werkers van die departement siviel en tegnies betoog vanoggend (Donderdag 2 November) vreedsaam voor hul departement in Yorkstraat.
Die leiers van die twee unies, Samwu en Imatu vergader binne die gebou met die bestuur.
Die ongelukkigheid handel glo oor hul lone, wat blykbaar te kort skiet in vergeleke met dit wat 'n siviel en tegniese werker in 'n stad verdien.
Volgens een van die werkers, is dit kwessies wat al lankal geopper is, maar nie die nodige aandag van die munisipaliteit ontvang nie.
Voorsitter van Imatu, Nolan Nomdoe en 'n verteenwoordiger van Samwu, Thembinkosi Nyalela sê hulle is amper klaar vergader met die bestuur.
Kyk 'n video hieronder.
Werkers tydens die betoging vanoggend. Foto's: Michelle Pienaar
ARTIKEL, VIDEO EN FOTO'S: MICHELLE PIENAAR, GEORGE HERALD JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'