GEORGE NUUS - 'n Vrou het vanoggend 'n noue ontkoming gehad toe haar motor op die Wilderness Hoogte-pad omgeslaan het.
Voorlopige inligting dui daarop dat sy uit die rigting van Wilderness Hoogte na Wilderness gery het toe sy beheer oor haar voertuig verloor het.
Die voertuig het 'n sloot getref en omgeslaan.
Die vrou het slegs ligte beserings opgedoen.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'