GEORGE NUUSFLITS - 'n Motor het Saterdagaand 20:20 deur 'n muur by die ou krokodilplaas gebars nadat die bestuurder glo beheer verloor het.
Die ongeluk het by die verkeersirkel, wat York- en Hoopstraat verbind, plaasgevind.
Die voertuig het deur die muur gebars waarop die Hopsfees geadverteer word.
'n Ooggetuie het aan die George Herald gesê dat hulle die slag vanuit hul huis aan die anderkant van Hoopstraat gehoor het. "Toe ons daar kom was die polisie daar, maar die bestuurder was nie meer op die toneel nie."
Navraag is aan die polisie gestuur en daar word nog vir inligting gewag.
'Ons bring jou die nuutst George, Tuinroete nuus'