SUID-KAAP NUUS - Reeds sedert 2014 is die Eden Karoo-streek deel van die kompetisie, Ekspo vir Jong Wetenskaplikes, wat deur Eskom geborg en landswyd aangebied word, om leerders met innoverende idees aan te moedig om met hulle kreatiewe denke, nuwe projekte aan te pak.
Meer skole, insluitend plattelandse skole, sal kan deelneem aangesien die aanvanklike beoordeling nou in ons distrik, by Hoërskool Punt in Mosselbaai, plaasvind.
Die Eden en Sentrale Karoo-streek se uitstalling van die ekspo vind op Vrydag, 11 Augustus by Punt plaas.
Daar is ’n aantal skole uit verskillende dorpe streek wat deelneem.
Die publiek word hartlik uitgenooi om na die uitstalling van navorsingsprojekte te kom kyk by Punt op 11 Augustus tussen 14:30 en 17:00. Die prysuitdeling, ook by Punt, is dieselfde dag om 17:00.
Hoërskool Punt wil veral skole vra om hul leerders aan te moedig om te kom.
Vir meer inligting, sien www.exposcience.co.za of kontak die organiseerder, Marinei Bester by Punt (082 044 3521).
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'