GEORGE NUUS - Die gesogte Miss Full Figure Garden Route word die naweek gekroon en dames van die Suid-Kaap is uit verskillende dorpe gekies om aan die gesogte skoonheidskompetisie deel te neem.
Die kompetisie is 'n platform vir die plus grootte dames (38 en op) om hul kurwes ten toon te stel sê die organiseerder, Carly-Lee Adams, wat die kompetisie vir die derde jaar aanbied.
Dit beloof om 'n skouspelagtige geleentheid te wees met die tema, 'Divas in Africa'. Die geleentheid vind Saterdagaand, 30 Maart, om 19:00 in die Conville-gemeenskapsaal plaas. Toegang is R120 en kaartjies is beskikbaar by die deur of by Adams by 078 300 4365.
Nuwe Dinge, 'n boetiek in Mosselbaai, is die hoofborg vir die geleentheid en al die dames sal in klere van die boetiek op die loopplank verskyn.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'