GEORGE NUUS - Die publiek word genooi om Emmaüs se mini-kermis op Saterdag 6 November van 09:00 tot 12:00 te ondersteun.
Dit word gehou op hul perseel by Memoriumstraat 6.
'n Verskeidenheid tweedehandse klere, boeke en besonderse hout- en handwerkartikels sal te koop wees. Daar sal ook 'n wit-olifant-tafel wees.
Vir versterking van die innerlike, sal boereworsrolletjies, koffie, tee en sap te koop aangebied word.
Vir meer inligting, bel Emmaüs by 044 873 4196.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'